6 Comments

  1. Hi Marlize , I am Afrikaans but am going to write in English as the pc changes my Afr into Dutch !! I see myself completely in you , i experience the same things that you do . I am so career orientated still here in SA that I don’t give enough attention to friends and relationships with them , I don’t know how to conduct myself to start a new friendship , which will be necessary when we immigrate next year . Because I am in the corporate world I am used to giving my opinion , but when we visit Australia , my whole personality changes , I don’t know who I am or must be or will become ! Where do you stay , I am coming to visit you ! LOL . Elmarie van Zyl

    • Liewe Elmarie! Hoe dierbaar van jou om die briefie te skryf en hoe verstaan ek nie jou hart nie. Ek sê baie dat ek baie meer van die Marlize na 7 jaar in Australië hou as wat ek van haar in SA gehou het:) En dit is nie net ek wat daardie sentiment ego nie. Mens verander baie en meestal si die verandering ‘n goeie een.
      Wat ek gevind het my die meeste help is om rou eerlik te wees oor wie ek is en wat my tekortkominge, vrese en hang ups is. Om te sê wanneer ek nie dinge verstaan nie, wanneer ek bang is en wanneer ke twyfel. Ek probeer so ver as wat die menslik moontlik is, sonder maskers te leef en ek hoop dat dit sigbaar is deur wat ek skryf.
      Die truuk in Australië is om baie meer te luister as wat jy praat. Dit is tweeledig – die Bybel sê jy kan ‘n idioot ken aan die blote feit dat hy sy mond oopmaak en praat, maar wanneer hy stilbly kan hy dalk onder die wyse manne gereken word:) (Nou nie dat ek sê jy een is nie, maar dit het my al baie skaamkry gespaar;) en die ander rede is, dat jy mense soveel beter leer ken wanneer jy meer luister as wat jy praat, en wanneer jy mense so leer ken, dan weet jy wat hulle behoeftes is en dan kan jy hulle dien op ‘n manier wat vir hulle help, en hoe meer jy ander help, hoe meer word jy gehelp om een of ander rede.
      Ek is in Perth en jy is welkom om te kom kuier! Ek kan lekker koffie maak, maar jy sal my moet onthou om melk in die huis te hê, want ek drink net long blacks en ons gebruik nie melk nie:)
      Liefdegroete
      Marlize

      • Dankie vir jou moed inpraat Marlize , ek gaan nog baie aan jou deur kom klop ! [ ai ek weet nie hoekom my pc Hollands tik nie !! ] Mmm Perth bietjie ver van waar ek gaan wees . Ek het op die oomblik meer familie in Australia as in SA . My 2 kinders en 4 kleinkinders is op die Gold Coast en my 3 e seun en sy vrouw is oppad. So die ondersteuningsraamwerk is reeds daar . Groete solank .

  2. Angela

    Hello Marlize, ek sou graag die link na jou boek wil he. maar as ek dit invul en submit
    dan dink die ou ek is n robot.

    Laat weet asb
    Dankie
    Groete
    Angela

Leave a Reply