Die Eerste 1000 Dae van Migrasie – Gratis e-boek oor immigrasie na Australië

Om ‘n boek oor immigrasie na Australië te skryf is altyd ‘n uitdaging!

Ek het aanvanklik bloot gereageer op ‘n ‘post’ op Aussiekaners wat Nicoleen geplaas het oor die boek wat sy gevoel het die Here baie sterk op haar hart geplaas het. Ek het my dienste as skrywer aangebied, minwetende dat hierdie vir my ‘n groot uitdaging was om klaar te maak waarmee ek begin het.

‘n Vier jaar lange projek is uiteindelik klaar! ‘n Boek oor immigrasie na Australië sien die lig.

Ek het op ‘n stadium ‘n twee jaar breuk geneem van die boek omdat ek ‘n besigheid begin het en myself vertel het dat ek nie die tyd het nie. Dit is egter nie die ware rede nie – ek het getwyfel in my vermoë en gewonder of ek myself nou in iets begewe het wat net te moeilik vir my was.

Nietemin, hier is ons nou.

Immigrasie is deksels moeilik

Ek het onlangs met ‘n ‘Neurolinguistic Practitioner’ gaan gesels oor migrasie en sy het die volgende gesê: “People, underestimate the effort that migration takes.” Ek het ‘n paar dae gaan herkou aan hierdie klein stukkie treffende wysheid. Dit is waar. Immigrasie, emigrasie, migrasie is nie maklik nie. Die sukkel is anderster hier so. Die lewe en al sy dinge gaan aan, net op ‘n ander kontinent. Die toetse wat jy dalk nie in Suid-Afrika wou skryf nie, gaan jy hier moet kom skryf.

Hierdie is ook ‘n sonskynland. Die Here is hier ook. En as jy wil kan jy hier ‘n nuwe avontuur kom aandurf. Jy is nie verniet ‘n Afrikaan nie. Jy het vuur in jou are. Jy is ‘n ‘mover’. Jy kan as jy wil, maar dan moet jy weet dat jy weet, hier is waar jy hoort.

Geniet ons stories.

Laai die boek gratis af.  Vul die vorm in.

Vul asseblief die vorm in en ek stuur vir jou ‘n link om die boek gratis af te laai.

  • Your Title Here